MOSSELBAAI NUUS - Die munisipale biblioteke regoor die groter Mosselbaai het besonderse programme aangebied tydens biblioteekweek.
Een van die hoogtepunte van die week, was die opening van 'n outisme-vriendelike hoekie by die Mosselbaai-biblioteek in Marshstraat.
Dit skakel by uitnemendheid in by die munisipaliteit se strewe na universele toegang.
Op Herbertsdale was dit geen uitsondering nie. Hier het die jongspan sommer baie pret gehad deur hulle selfgeskrewe gedigte voor te dra en opvoedkundige speletjies te speel.
Biblioteek-assistent, Patchulia Baardman verduidelik dat dit 'n besonderse program was wat gekenmerk is aan uitnemende deelname deur die jonges. Altesaam 37 kinders het aan die program deelgeneem.
Elke kind het 'n sertifikaat, 'n pret-aktiwiteitboekie, 'n boekmerk, 'n lekkergoedpakkie en 'n biblioteeksakkie ontvang.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’