MOSSELBAAI NUUS - Solidariteit Helpende Hand doen 'n beroep op ouers om seker te maak dat hul kinders nie toegang tot pornografie kry deur hul selfone nie.
Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum wat terapeutiese dienste aan kinders tussen twee- en 17-jaar bied, het in 2019 in Pretoria-Noord oopgemaak.
Yolandi Singleton, hoof van Ons Sentrum, sê dat hulle aanvanklik 'n verskeidenheid van gevalle hanteer het, maar sedert Junie verlede jaar, werk hulle omtrent net met gevalle van seksuele misbruik.
"Hiermee saam het ons ook 'n reuse toename in kinders se blootstelling aan pornografie gesien. Pornografie was nog altyd 'n probleem, maar dit wil voorkom asof kinders op al jonger ouderdom toegang verkry tot pornografie op die internet, omdat daar nie altyd voldoende toesig is nie.
"Kinders word al op jong ouderdom toegelaat om apps soos TikTok en YouTube te hê en daar is baie min beperkings daarop. Animasiefilms dra ook by tot kinders se blootstelling aan pornografie, aangesien die inhoud daarvan nie meer noodwendig onskuldig is nie.
"Dit het ongelukkig tot gevolg dat die samelewing se morele kompas verander en dat onvanpaste inhoud amper meer aanvaarbaar en genormaliseer word,” sê sy.
Singleton verduidelik pornografie het negatiewe uitwerking op kinders, aangesien hulle nie die intellektuele vermoë het om daarvan sin te maak nie.
Lees meer Vrydag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'