MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie vra die hulp van die gemeenskap om met inligting na vore te kom sodat verdagtes in verband met die moord op ‘n 27-jarige man geidentifiseer kan word.
Volgens die polisie se kommunikasiebeampte, sers Kappie Kapp het hulle ‘n klagte op 1 Mei, om ongeveer 19:20 ontvang van ‘n liggaam wat in Sijajistraat lê.
“Met die polisie se aankoms was die ambulans reeds op die toneel.” Die slagoffer is op die toneel dood verklaar en het aan veelvuldige steekwonde beswyk. “Ons het tans geen getuies nie en het geen leidrade nie. Ons vra die gemeenskap om met inligting na vore te kom en die polisie te kontak by 044 606 5608.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'