MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier is op die uitkyk vir vier verdagtes wat vanmiddag op die Kleinvlei-pad duskant Botlierskop gewaar is.
Volgens die polisie is die verdagtes gewapen.
'n Silwer Mercedes is ook in die omgewing opgemerk.
Die verdagtes het vermoedelik in die rigting van Friemersheim beweeg.
Die polisie se honde-eenheid is ook tans op die toneel en die polisie se Openbare Orde-eenheid is na die gebied ontplooi.
'n Helikopter is ook ingespan om die gebied te fynkam.
Die publiek word versoek om die Groot-Brakrivier polisie te kontak indien die verdagtes opgemerk word ( 044 620 2495).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'