MOSSELBAAI NUUS - Op Mosselbaai by 'n kwekery naby die hawe het 'n honde-eienaar vir haar geliefde hond, Pietie Müller 'n gedenkplaat teen 'n sementbankie opgerig.
Die spesiale sitplek vir hond en eienaar het Mosselbaaiers aan die praat. Volgens besoekers aan die kwekery drink die honde-eienaar en haar geliefde Pietie gereeld daar koffie.
Na wat verneem word het die vrou, wie se volledige identiteit nie aan die Mossel Bay Advertiser bekend is nie, die bankie aan die kwekery geskenk.
Op die plaatjie staan geskryf: "Tussen draad en sement het jy 6 maande lank vir my gewag. Ek het dit nie geweet. Nou 5 jaar later my Pietie seunskind is jy steeds my Asem."
Die Mossel Bay Advertiser kon nog nie daarin slaag om Pietie se eienaar op te spoor nie maar sal graag met haar wil kontak maak.
Die plaatjie wat teen die sementbankie opgerig is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'