MOSSELBAAI NUUS - Abel en Charmayne Scholtz was vanaf 1994 op Hartenbos woonagtig voordat hulle onlangs na die Vergelegen-aftreeoord in Pretoria verhuis het, om nader aan hulle kinders en kleinkinders te woon.
Die egpaar het op 7 Februarie hulle 60ste troudag gevier.
Beide was vir jare lank lid van die Hartenbos-rolbalklub en Abel was vir etlike jare president van die klub. "Charmayne en ek het gedurende 1954 op ' n kerkbyeenkoms in Pretoria ontmoet. Ek was woonagtig by my ouers in die spoorwegterrein en sy by haar ouers in die verdedigingsterrein."
Die paartjie het in Charmayne se ouerhuis op 8 Augustus, 1957 verloof geraak. Op 7 Februarie, 1959 is hulle in die huwelik verbind deur ds Van der Merwe in die NG kerk Retreat. Uit hierdie huwelik is drie dogters, Sally, Daleen en Charmayne gebore.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'