Die rektor het met gegriefde student beraadslaag na oproerigheid op Donderdag, 25 Februarie, toe studente teen die besluit om ‘n lektor se kontrak nie te hernu nie, beswaar gemaak het. Die Zimbabwiese lektor, Lewis Nzira, was na wat verneem word die afgelope sewe jaar ‘n dosent by die kollege en het volgens student ‘n 100% slaagsyfer gehandhaaf.
