MOSSELBAAI NUUS - Benevolent Park se fondinsamelingskomitee is tans bedrywig sodat hulle verskeie projekte by die tehuis kan voltooi.
Een daarvan is 'n ontbytgeleentheid by die All Saints-kerksaal op 26 Maart om 10:00.
Die tema is Out of Africa en gaste word aangemoedig om volgens hierdie tema aan te trek.
Kaartjies kan teen R100 by die komiteelede bespreek word.
Enige navrae kan gerig word aan die voorsitter, Connie Petersen (078 119 9267).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'