MOSSELBAAI NUUS - Regstelling: Elf Mosselbaaiers het onlangs hul sertifikate in pastorale narratiewe terapie van prof Stephan de Beer van die Universiteit van Pretoria ontvang. Narratiewe terapie kan beskryf word as die proses om gebruik te maak van stories en die invloed wat stories op mense se lewens het.
Die 11 deelnemers het in 2016 begin met die kursus onder die beskerming van die Caritas-sorgentrum, 'n onafhanklike kampus van Coram Deo, Pretoria.
Die kursus het twee jaar geduur en bied na voltooiïng toegang tot magisterstudies. Hierdie kursus open geleenthede om die gemeenskap te dien en bied aan die student die kans om betekenis tot sy lewe toe te voeg deur ander mense te help.
Die Mossel Bay Advertiser het die verkeerde foto by die oorspronklike artikel geplaas.
Die 11 deelnemers het in 2016 begin met die kursus onder die beskerming van die Caritas-sorgentrum, 'n onafhanklike kampus van Coram Deo, Pretoria.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'