MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit doen 'n beroep op inwoners in die groter Mosselbaai-omgewing om onwettige storting van afval aan te meld, om te herwin en nie rommel te strooi nie.
Die munisipaliteit spandeer jaarliks baie geld, mannekrag en tyd aan die verwydering en skoonmaak van stormwaterpype, dreine en dies meer wat verstop weens rommel en afval wat daarin gestort word en wat tot verstoppings aanleiding gee.
Die afloop langs Bakke/Walvis-straat wat stormwater opvang vanaf D’Almeida is onlangs deur ‘n motorband verstop wat moontlike oorstromings van Nautilus se parkeerarea asook die Bakke /Louis Fourie-kruising kon veroorsaak het, indien dit nie aangemeld en die band dadelik deur die munisipaliteit verwyder is nie.
Om enige soortgelyke voorvalle of verstoppings aan te meld, skakel 044 606 5000 or stuur ‘n epos na admin@mosselbay.gov.za.
Alle samewerking in die verband sal waardeer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'