Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Mej en Mnr Hartenbos-wenners vir 2022 is tydens ‘n spoggeleentheid by die Hartenbos Seefront op Dinsdag, 27 Desember, bekend gemaak.
Mej Hartenbos vir 2022 is Simoné Calitz (17) van Centurion. Die eerste prinses is Natasha Geel (18) van George en tweede prinses, Delaine Willemse (18) van Heidelberg (Gauteng)
Mnr Hartenbos 2022 vir 2022 is Frans Lombaard (21) van Hartenbos. Die eerste prins is Loudre Pretorius (18) van Mosselbaai en Dylan Boshoff (18) is die tweede prins, ook van Mosselbaai.
Volgens die organiseerder van die kompetisie, Trudie Stander, het hulle inskrywings van regoor Suid-Afrika gehad. “2022 se kompetisie was ‘n reuse sukses. Ons wou oorspronklik net ‘n top 12 gehad het (6 mans en 6 dames), maar die inskrywings was van so ‘n goeie gehalte dat ons besluit het om 10 dames en 10 mans in die eindronde te hê.
“Die kompetisie is tot en met 2017 deur die ATKV aangebied. Daarna was dit op ‘n kleiner skaal weens Covid en hierdie jaar is daar besluit om dit as ‘n besigheid te registreer, met Denise Lloyd as die beskermheer.
FOTOGALERY: Mej en Mnr Hartenbos-wenners vir 2022
Die kompetisie gaan daaroor om terug te gee aan die gemeenskap. Hierdie jaar het ons Project Blessing van Anton Sieber, Mnr SA finalis 2021, ondersteun en ons finaliste het ook honde- en katkos skenkings ingesamel.
Ons het ook hierdie jaar ons eerste aanlyn-tydskrif gepubliseer.”
Delaine Willemse (2de prinses), Natasha Geel (1ste prinses), Simoné Calitz (Mej Hartenbos 2022), Frans Lombaard (Mnr Hartenbos 2022), Loudré Pretorius (1ste prins) & Dylan Boshoff (2de prins).
Nadia Cloete (Mej Hartenbos 2021), Burgemeester Dirk Kotzé & Simoné Koen (Mej Hartenbos 2020)
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'