MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie versoek die gemeenskap om hulle van inligting te verskaf in 'n saak van poging tot moord, na aanleiding van 'n voorval by die Shell Truckport in Voorbaai.
Die voorval het op 19 November 2017 om 00:45 plaasgevind toe 'n geskil tussen twee mans by die vulstasie ontstaan het.
Volgens videomateriaal wat verkry is vanaf die vulstasie se sekuriteitskameras, was 'n man en 'n vrou in 'n wit VW-voertuig en nog 'n man in 'n silwer Toyota Tazz by die voorval betrokke.
Inligting verskaf deur die polisie dui aan dat die man in 'n VW-voertuig tydens die geskil die ander man sou probeer omry het.
In die proses, is die man wel deur die voertuig getref wat veroorsaak het dat sy been gebreek is.
Volgens videomateriaal wat verkry is vanaf die vulstasie se sekuriteitskameras, was 'n man en 'n vrou in 'n wit VW-voertuig en nog 'n man in 'n silwer Toyota Tazz by die voorval betrokke.
Enige persoon wat die polisie van inligting aangaande die voorval of die verdagte man se identiteit kan verskaf, word versoek om die ondersoekbeampte, kst Ayabonga Lolo te konak (044 606 2200 of 083 964 9225).
"Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus"