HERBERTSDALE NUUS - Laerskool Herbertsdale is besonder trots op een van hul atelete, Eslin Samuels, se prestasie op die atletiekbaan.
Hierdie jong leerder vaar tans baie goed. Tydens die interkleure en interskole-byeenkomste het hy die rekords laat spat en gevorder tot die SWD distrikskampioenskappe wat op 16 Februarie in Oudtshoorn plaasgevind het. Daar het hy 'n tweede plek in die hoogspring vir seuns o/11 met 'n hoogte van 1.28m behaal. Ook in verspring, met 'n afstand van 3.99m spog hy met 'n gesamentlike tweede plek.
Eslin is opgeneem in die SWD atletiekspan wat Saterdag, 2 Maart in Kaapstad sal meeding.
Enige persoon wat moontlik Enslin met borgskappe kan ondersteun, word versoek om die skoolhoof, mnr Stander van Laerskool Herbertsdale (044 6511680) te kontak of stuur e-pos na herbertsdalels@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'