HARTENBOS NUUS - Laerskool Hartenbos se senior koor het die afgelope naweek aan ‘n virtuele koorkompetisie deelgeneem.
Die kompetisie is deur Con Spirito, ‘n landswye Eisteddfod aangebied.
Die beoordeelaar, Franz Geldenhuys was glo baie beindruk met die skool se koor. Hulle het 94% gekry vir hul gewyde lied, 94% vir die ligte lied en 92% vir die tradisionele lied.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'