Hierdie Kultuurforum sal behulpsaam wees met kunste-ontwikkeling binne gemeenskappe in Mosselbaai en omgewing.
Samesprekings rakende die stigting van sodanige forum het reeds in Augustus vanjaar begin. Tydens opvolgvergadering is nominasies vanuit verskeie gemeenskappe, verteenwoordigend van verskeie kuns- en kultuurdissiplines, benoem waarop verlede week se verkiesing gevolg het.

Hier is die bestuur van die Mosselbaai Kultuurforum (van links): Cornelle Carstens (Bemarking en Kommunikasie); James Malgas (Koördineerder, Spesiale Projekte en Programme); Petronel Baard (Voorsitter); Jeremy van Wyk (ondervoorsitter); Noxolo Mlonyeni (assistant-sekretarese); Antoinette Kannemeyer (sekretaresse); Barry Jacobs (koördineerder, Spesiale Projekte) en Bradley Michaels (tesourier).