MOSSELBAAI NUUS - 'n Gemeenskapskomitee is verkies om in samewerking met die munisipaliteit en die raad oor die toekoms van Souwesiastrand te besin.
Voorstelle is uit die gemeenskap ontvang dat die komitee uit ses lede moet bestaan en die lede is tydens 'n gemeenskapsvergadering op 8 November verkies.
Die verkose lede verteenwoordig gemeenskappe in Wolwedans, Greenfields, Die Toue, Die Heuwels, Nantes, Greenhaven, Toekoms en die Groter Mosselbaai:
- Wolwedans - Jason van Rooyen (078 421 6057)
- Greenfields - John Jacobs (071 743 6903)
- Die Toue - David Abrahams (063 921 9013)
- Die Heuwels - Andrew Erasmus (074 738 3230)
- Nantes - Patrick Williams (083 967 7440)
- Greenhaven - Mae Koert (079 840 3614)
- Sekonde - Willem Possel (081 528 2208)
- Groter Mosselbaai - Arthur van Vuuren (082 333 7418)
- Toekoms - Donovan Claassen (079 595 5232).
'n Gemeenskapskomitee is verkies om saam met die munisipale raad se verteenwoordigers te werk om die toekoms van Souwesia te bespreek. Hier is, agter, van links Andrew Erasmus, Willem Possel, Colin Puren, John Jacobs, Arthur Van Vuuren, Donovan Claassen, en raadslid Niklaas Booisen. Voor is raadslid Cliffie Bayman, adv David Abrahams, Patrick Williams, mev Mae Koert. Mnr Jason Van Rooyen was afwesig toe die foto geneem is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'