MOSSELBAAI NUUS - Lede van Mosselbaai-polisiestasies se misdaadvoorkomingseenheid, sersante Pieter Coetzer en Naomi Booysen, die polisie se watervleuel asook sektor 1 en 2 se bevelvoerders, ao Corrie van den Berg en ao Amanda Lordan saam met die CID en GPF-voorsitter, Arthur Riordan het 'n operasie geloods in Cuffstraat asook in Tarka.
Twee messe en mandrax-tablette is gevind. Volgens die Mosselbaai-polisie se kommunikasiebeampte, ao Pieter Koekemoer waardeer die gemeenskap die sigbaarheid van die polisie in die woonbuurte.
"Die gemeenskap van Tarka gaan ook nie dwelmhuise duld nie. Goeie samewerking saam met die rolspelers het gelei tot twee goeie arrestasies."
Lede besig met misdaadbekamping in Cuffstraat.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'