"Kindergeweld is wanneer jy so sleg behandel word dat jou regte aangetas word."
Sy het vir die kinders vertel dat daar fisiese mishandeling, seksuele mishandeling, emosionele mishandeling en verwaarlosing is.
"Julle het die reg om in 'n liefdevolle gesin te woon, in 'n gerieflike huis, met gesonde kos en klere, om nie seergemaak te word nie, om gelukkig te wees en om nee te mag sê as jy bang is."
Ongeveer 300 lekkergoedpakkies is deur Bay Loans in Mosselbaai aan die kinders geskenk.

Die kindertjies is ingelig oor padveiligheid en dat hulle mag nee sê as hulle bang is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'