Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n Vyf-en-veertigjarige man van Bothastrand, Groot-Brakrivier is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat beeldmateriaal van kinderpornografie in sy besit gevind is.
Polisiebeamptes verbonde aan die Mosselbaai se Eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het op die beeldmateriaal afgekom nadat hulle van die misdrywe bewus geraak het.
Die verdagte bly in 'n spogwoning in Bothastrand. Die beeldmateriaal en foto's op die selfoon was die van eksplisiete kinderpornografie. Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en was in aanhouding in George.
Hy het reeds twee keer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van die besit van kinderpornografie.
Die verdagte se identiteit kan eers bekend gemaak word sodra hy gepleit het.
Die saak word verder ondersoek deur 'n spesialis-eenheid van Kaapstad. Die verdagte verskyn weer op 1 Augustus in die Groot-Brakrivier landdroshof.
Vorige artikel: Man vas oor kinderporno
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’