Gallery
MOSSELBAAI NUUS - In die algemeen, is Kersfees sinoniem met sneeubedekte landskappe, mense met musse en kaggelvure. Maar in Suid-Afrika dink ons anders. Vir ons is dit die buitelewe, son, see en sand. Soos Chris Chameleon tereg sing: "Kersfees in Afrika, as hy wil kan Kersfeesvader maar sy kortbroekie hier dra."
Die Mossel Bay Advertiser het lesers gevra om hulle mees kreatiewe Kersfeesfoto's vir ons laaste voorblad aan te bied.
Kersvader op die strand, ingestuur deur Lorinda Claassens, was die klinkklare wenner.
Op Mosselbaai, woel die winkels soos besoekers hulle laaste Kersinkopies doen. Vanjaar is een van die grootste geskenke aan vakansiegangers dalk juis dat hulle anders as in Desember 2020 vanweë die nasionale inperking weens Covid-19, vrye toegang tot Mosselbaai en omgewing se 26 strande oor die feestyd sal kan hê.
Die Advertiser wens al sy lesers 'n vrolike Kersfees en 'n nog vroliker 2022 toe. Ons volgende uitgawe verskyn op 14 Januarie 2022.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'