Video
GROOT BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Winkeleienaars op Groot-Brakrivier word gewaarsku teen misdadigers wat saans by besighede inbreek, na nie minder as drie inbrake die afgelope naweek in dié dorp plaasgevind het.
Claude Glemane, eienaar van die Groot Brak Kafee het aan die Mossel Bay Advertiser vertel dat 'n verdagte Vrydagaand, 31 Julie omstreeks middernag 'n venster by die kafee gebreek het in 'n poging om toegang tot die perseel te kry.
Volgens Glemane stel die dief glo eers een vir een die sekuriteitskameras buite werking en wag dan tussen elke kamera voor hy aanbeweeg om te sien of daar enige reaksie is. "Gelukkig woon ek op dieselfde perseel en het wakker geword van die venster wat breek."
Hy het ondersoek ingestel en die verdagte het gevlug, maar het egter van sy huisbraaktoerusting agtergelaat. Glemane het Saterdagoggend ook aan die koerant gesê dat twee ander winkels dieselfde nag onder inbrake deurgeloop het.
Volgens die polisie op Groot-Brakrivier is een van die inbraaksake by hulle aangemeld.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'