MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie vra enige persoon wat oor inligting mag beskik oor die diefstal van sowat 12 meter van die pallisade-heining by die Mosselbaai aftree- en leefstyloord in Floraweg, om met die ondersoekbeampte, sers Rudi Swanepoel in verbinding te tree.
Die jongste voorval van diefstal het die aand van 19 Julie plaasgevind toe sowat 12 meter groen devil fork-heining ter waarde van R18 000 gesteel is.
Kontak sers Rudi Swanepoel by 044 606 5600.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'