MOSSELBAAI NUUS - 'n Hamster van Danabaai se een been is onlangs geamputeer.
Die hamster, genaamd Hamster van den Heever se eienaar, Jaen het op sy geliefde troeteldier afgekom en gesien dat Hamster se een been sleep.
Jaen het dadelik vir Hamster na die Danabaai-dierekliniek geneem. Hulle vermoed Hamster se been het aan een van sy speelgoedwiele gehaak en is toe in die proses beseer.
Omdat Hamster skaars 25gram weeg het die veearts by die dierekliniek Jaen gewaarsku dat hulle die been sal moet amputeer, maar dat Hamster dalk nie die skok of narkose sal oorleef nie.
Jaen moes 'n groot besluit neem en wou sy hamster van pyn verlos.
Hoewel Hamster se hart tydens die operasie gaan staan het, het die veearts hom dadelik weer bygebring.
Volgens Jaen gaan dit baie goed met Hamster en hardloop hy weer die hele huis vol, die keer met net drie bene.
Die gesin bedank die dierekliniek, dr Joanè Basson, ontvangsdame, Michelle Bornman en assistente, Jenny Nel en Annerie Ferreira.
"U liefde en deurnis word opreg waardeer en julle het 'n tienerseun weer laat glo in wonderwerke."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'