MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-gemeenskapspolisieforum (GPF) het met behulp van 'n barmhartige donateur op 27 November broodnodige flitsligte aan die Mosselbaai-polisiestasie oorhandig.
Volgens GPF-woordvoerder Peggy Roux was daar 'n behoefte aan flitsligte in polisievoertuie om die manne in blou na donker te help met die uitvoer van hul pligte.
Mosselbaai GPF het die nood gesien en met behulp van 'n welkome donasie is die flitsligte bekom.
Saam met die oorhandiging het die GPF ook die 16 dae van aktivisme teen geslagsgeweld asook geweld teen kinders afgeskop.
Justin Lottering van die departement gemeenskapsveiligheid het saam die polisie en GPF aan die veldtog se begin deelgeneem. Die GPF bedank die donateur vir die skenking. "Nou kan die manne met gemak hulle nagtelike pligte aanpak."
Lede van die GPF en Mosselbaai-polisiestasie by die skenking van flitsligte (van links, voor) Leon van Dyk, lt kol Seppie September, Deidre Swanepoel, ao Amanda Lordan, Martie Loubser en ao Corrie van den Berg. Agter: Arthur Riordan en Peggy Roux.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'