MOSSELBAAI NUUS - Toe die Boggomsbaai-gholfklub op 10 Oktober in 1984 gestig is, was Mosselbaai Toyota daar om hul heel eerste kompetisiedag te borg.
Op 4 Desember het Toyota 37 jaar se tradisie voortgesit en weer Boggomsbaai se gholfers kom bederf met pragtige pryse en ander genietinge. En daar lewer die dag nog 'n groot verrassing op toe een van Toyota se verkoopsmanne, Flaps Winterbach, 'n kolhou op nommer 18 behaal.
In die individuele stablefordkompetisie het 'n paar spelers werklik uitstekende spel gelewer en hulle kan baie seker wees dat hul voorgeë na Saterdag nie weer dieselfde gaan wees nie.
Uitslae:
1. Freddie Stander 43;
2. Cassie Swanepoel 41;
3. Van le Roux 40;
4. Pieter Kirsten 39;
5. Ernest Roux 37;
6. Chris Feiertag 36;
7. Johan Muller 36;
8. Flaps Winterbach 35;
9. Philip Fourie 35 en
10. Bennie Pienaar 34.
Die naaste aan die penprys is gewen deur Van le Roux op 6/15 en op 9/18 was Flaps Winterbach se volmaakte gelukhou natuurlik die wenner. Op 8/17 was Johan Claasen en Willem van Wyk die naaste aan die pen met twee houe en op 2/11 was Ernest Roux die naaste aan die pen vir drie.
Op 11 Desember borg Jakkalsvlei Wynlandgoed 'n beterbalkompetisie op Boggomsbaai en die 18de Desember vind Buffelsdrift Game Lodge (IPS) se jaarlikse borgdag plaas. Op 1 Januarie 2022 borg Julyan Bruyns (IPS) en op 8 Januarie is dit die Mosselbaai Mall (IPS) se beurt.
Gawie Maritz, verkoopsbestuurder van Toyota (links) en Flaps Winterbach, verkoopskonsultant (regs) saam met die wenners van die dag, Cassie Swanepoel, Pieter Kirsten, Freddie Stander en Van le Roux.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'