MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai het die afgelope naweek vele gebeurlikhede aangebied maar die grootste pret van almal was die eerste skattejag wat Saterdag, 3 September in die dorp plaasgevind het.
Met kleurvolle uitrustings het gesinne na die skat gesoek. Nege leidrade is opgevolg en dan is daar agter elke leidraad ‘n verwysing na die volgende.
Vir deelnemers was die eerste Cannon Ball Treasure Hunt groot pret en almal is dit eens dat dit ‘n jaarlike instelling moet word.
*Lees meer in Mossel Bay Advertiser en sien meer foto’s en video’s op mosselbayadvertiser.com op Vrydag, 9 September.
Voertuie is ook kleurvol opgemaak om by elkeen wat deelgeneem het te pas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'