MOSSELBAAI NUUS - Die Da Gamaskop-polisie het op 28 Junie van een van hulle staatmakerlede afskeid geneem toe luitenant-kolonel Erna Andrews na 28 jaar die polisiediens vaarwel toegeroep het.
Sy is tydens 'n besonderse geselligheid deur haar kollegas vereer en het verskeie medaljes vir getroue diens asook ander prestasies ontvang.
Die geselligheid is gehou by die Cattle Baron, toevallig onder mede-eienaarskap van 'n voormalige lid van die stasie, Morné van der Heyde wat 'n paar jaar gelede die polisiediens verlaat het om sakebelagne na te jaag.
"Ons het net die hoogste waardering vir lt-kol Andrews se insette deur die jare en wens haar sterkte toe met al haar nuwe avonture," het kapt Wollie Fourie, woordvoerder van die Da Gamaskop-polisie namens die bestuur gesê.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'