MOSSELBAAI NUUS - Curro Mosselbaai se atletiekspan het gewys dat hulle vir geen span hoef terug te staan nie.
Die atlete het puik gevaar by hulle jaarlikse interskole teen al die Wes-Kaapse Curro-skole.
Die WildDogs het tweede geëindig in die prestasiesbeker in 'n baie sterk kompetisie tussen agt Curro-skole.
Curro se fokus op die ontwikkeling van individuele sterre het weer eens gewys dat puik prestasies behaal kan word sonder groot getalle met dié span wat 27 goud, 15 silwer- en 10 bronsmedaljes gewen het. Gilermo Lamini (seuns o/17 3 000m en 1 500m), Chanelle Barnard (meisies o/14 300m-hekkies), Brian Kruger (seuns o/17 400m), Kayleigh Stander (meisies o/14 hamergooi), Zané Kruger (meisies o/17 100m-hekkies), Sarah Villjoen (meisies o/19 400m, hekkies en 1 500m), Arné Labuschagne (seuns o/17 skyfwerp, hamergooi en 400m-hekkies), Hanno Janse van Vuuren (seuns o/19 hoogspring en driesprong) en Lizaan Brand (meisies o/14 driesprong) het gesorg dat Curro Mosselbaai 15 nuwe inskrywings in die rekordboeke gekry het.
Curro Mosselbaai se atlete het verder ook die junior victrix ludorum (Chanelle Barnard), senior victrix ludorum (Liandré Schoeman), senior victor ludorum (Brian Kruger) en beste prestasie deur 'n meisie (Liandré Schoeman) saam teruggebring Mosselbaai toe.
Met die ontwikkeling van talent en die kwaliteit groei by Curro Mosselbaai kom daar beslis nog groter atletiekprestasies in die toekoms.
Arné Labuschagne in aksie tydens 'n werpskyfoefensessie,.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'