Volgens die woordvoerder van die Da Gamaskop Polisiestasie, kaptein Wollie Fourie is die 53-jarige Freddie Tolman in sy bakkie op die plaas Outeniquabosch dood aangetref.
Alhoewel daar ‘n skoot deur sy voertuig se ruit afgevuur is, kon die polisie nog nie bevestig of die oorledene aan ‘n skietwond of ‘n hartaanval dood is nie.
Hy het glo met hartprobleme gesukkel voor die voorval. Die verdagtes het glo gepoog om die oorledene te roof waarna hy in sy bakkie gevlug het.
Nadat ‘n skoot afgevuur is en die slagoffer se bakkie aan die onderkant van die plaaspad tot stilstand gekom het, het die mans ‘n verbygaande voertuig voorgekeer, die insittendes uit die voertuig gedwing en met die voertuig weggejaag.
Die voertuig is verlate naby Danabaai gevind. Die mans is steeds op vrye voet en die polisie is besig met ‘n ondersoek.