MOSSELBAAI NUUS - Internasionale gholfspeler Louis Oosthuizen se ewe bekende baljoggie en vriend Wynand Stander is volgens 'n nabye vriend steeds in die intensiewe sorgeenheid van die Medi-Clinic of Worcester nadat hy verlede Vrydag, 8 Desember in 'n motorfietsongeluk was.
Volgens inligting was Stander saam met vriende onderweg na die Cederberg Oasis toe hy op 'n grondpad met sy BMW F800-motorfiets geval het.
Hy het vermoedelik beheer oor die motofiets verloor.
Hy is deur vriende bygestaan tot by die oornagplek waar hy later die aand begin slegvoel het.
Nooddienste is ontbied en Stander is in die vroegoggendure van Saterdag, 9 Desember na Worcester vervoer.
Klaarblyklik het hy ernstige interne beserings tydens die val opgedoen.
Hy is op Sondag, 10 Desember geopereer.
Volgens 'n vriend, Heinrich Matthee was die operasie aan Stander se niere 'n sukses en is hy tans buite gevaar.
"Wynand is steeds in die intensiewe sorgeenheid, maar hy is stabiel," het Matthee by navraag aan die Mosssel Bay Advertiser gesê.
"Wynand bedank almal wat hom ondersteun het sedert die ongeluk en verneem het.
Groot dankie veral aan Derek van Heerden wat hom tot die ambulans gearriveer het, bygestaan het."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'