Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die egpaar Nico en Hettie Zietsman van Reebok spog met twee Amarilla-plante (Amaryllideae) in hulle huis wat reeds in die wintermaand blom.
Buite die huis is soortgelyke plante, maar nog nie een van hulle blom nie.
Volgens Hettie is hulle blomtyd eers so van Augustus of September af en hierdie binnenshuise plante van haar het vroeg in Julie al begin blom.
"Ek gee hulle 'kossies' en baie liefde. Dís hoekom hulle reeds blom terwyl dié wat buite is nog nie blom nie," vertel sy.
Die egpaar het die blombolle reeds drie jaar gelede aangekoop en met jare se liefde gee hulle elke jaar die pragtigste blomme.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens Hettie is hulle blomtyd eers so van Augustus of September af en hierdie binnenshuise plante van haar het vroeg in Julie al begin blom.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'