ALBERTINIA NUUS - ‘n Plaaslike Albertinia gemeenskapsleier, Adwin Saayman het Woensdag, 30 Desember ongeveer 40 hengelaars in die dorp byeengekry en op ‘n hengel uitstappie geneem.
Saayman sê verskeie visse is gevang en vir baie van hulle was dit die eerste keer in baie jare dat hulle weer kon lyn natmaak.
Hy sê nog sulke uitstappies sal gereël word.
•Lees meer in die Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'