MOSSELBAAI NUUS - Na wat berig word, is al 20 000 kaartjies vir vanaand se Afrikaans is Groot Somerfees by die Van Riebeeck-stadion verkoop.
Feesgangers het vroeg reeds begin toustaan by die stadion om te wag vir die hekke om te open.
Groot verkeersvolumes word ervaar op die N2 waar provinsiale verkoopverkeersbeamptes is behulpsaam is by die kruising vanaf die N2 by die Danabaai-afrit. Motoriste word gevra om geduldig te wees en oplettend te bestuur.
Waar moontlik, maak van die busdienste gebruik om by die Van Riebeeck-stadion te kom.
Lees 'n verwante artikel: Afrikaans is Groot op Mosselbaai
Groot verkeersvolumes word ervaar op die N2.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'