MOSSELBAAI NUUS - ‘n Tweejarige kind het vandag by ‘n onwettige elektriese verbinding op Mosselbaai doodgeskok.
Die voorval het om 12:30 in Adriaansrylaan gebeur.
Die polisie se kommunikasiebeampte, sers Kappie Kapp sê die peuter se ouers was by die werk toe die voorval gebeur het.
“Die kind was in iemand anders se sorg.”
Kapp sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat die meisie by 'n onwettige elektriese verbinding gespeel het en toe aan die kragdrade gevat het.
“Sy het nog gelewe maar is later in ‘n hospitaal op Mosselbaai oorlede.”
Die polisie het ‘n dossier vir ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'