MOSSELBAAI NUUS - 'n Leerder is vanmiddag raakgery toe sy net na die kruising by Mikeva Hyper die pad gekruis het en teen 'n aankomende wit Isuzu bakkie vasgehardloop het.
Die leerder het in die proses bo-op die voorkant van die bakkie beland en toe voor die bakkie afgeval.
Sy het skraapwonde aan haar linker elmboog opgedoen asook haar knie. Daar is ook skraapwonde aan haar gesig.
Sy is na die hospitaal geneem waar sy gemonitor word vir harsingskudding.
Die 75-jarige bestuurder van die voertuig is ongedeerd.
Die polisie ondersoek die ongeluk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'