Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Wim van Zyl het 3 jaar gelede van Pretoria na Mosselbaai verhuis waar hy die WGA Wealth Group kom vestig het. Vandag het die besigheid Welvaartbestuurders en Finansiële Adviseurs in Mosselbaai, Oudshoorn en Durbanville en die besigheid bereik daagliks nuwe hoogtepunte.
“Ons is trots daarop dat ons onafhanklike adviseurs is met kontrakte met die beste produkverskaffers in SA en in die Buiteland. Ons gebruik die beste tegnologie om ons kliënte se behoeftes akkuraat te bereken”.
Alhoewel Wim in beleggings spesialiseer, is WGA ‘n Leefstyl Finansiële Diensverkaffer wat ‘n wye spektrum van finansiële dienste aan ons kliënte bied.
Ons beleggingskonstruksie is uniek en ons maak gebruik van die sogenaamnde “bucket” benadering waar ons die belegging so saamstel dat ons kliënte byvoorbeeld inkomste kan trek uit een “bucket” terwyl die ander “bucket” langtermyn groei bied. Dit alles word gedoen met in agneming van die kliënt se behoeftes en aptyt om risiko te neem. ‘n Verdere inkorporering van persoonlike aandele en modelportefeuljes bied vir die kliënt ‘n beter opsie as wat die gewone effektetrust opsies in die mark kan bied.
Lae kostes is baie belangrik om langtermyn groei te kry en ons belê ons kliënte se geld op die mees koste effektiewe beleggingsplatvorms. Ons oorweeg verder die kliënt se likiditeitsbehoeftes en belasting aanspreeklikheid om die korrekte belegginsgsvoertuig te kies.
Wil u seker maak dat u genoeg spaar vir aftrede, of dat u beleggingskapitaal beskerm is terwyl dit groei? Wil u verder verseker dat u aftreekapitaal behoue gaan bly gegewe u inkomstebehoeftes en will u ‘n blywende nalatenskap verseker? ?
Skakel Wim van Zyl vir professionele advies rondom beleggings en aftredes en verseker die korrekte konstruksie van u belegging. Besoek ook ons kantoor by Nautilus Place, 27 Marsh Straat Mosselbaai of ons webtuiste by www.wgawealth.co.za of stuur ‘n e-pos na wim@wgawealth.co.za vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’