Advertorial Video
SAKENUUS EN VIDEO - Ry jy op in Kerkstraat van die hawe se kant af in Mosselbaai, val die Vitalvet-teken op die regter straathoek jou op.
Dié Vitalvet in Mosselbaai bied nou ook 'n dierekliniek met gespesialiseerde gesondheidsorg, waar jou troeteldier verseker is van liefdevolle, professionele, kwaliteit-sorg.
Vitalvet het in Maart 2016 begin as 'n veterinêre winkel. 'n Veterinêre winkel is geregistreer om spesifieke veterinêre diëte vir diere aan te hou en te verkoop. Hier kry jy meer gespesialiseerde kosse vir jou troeteldiere as wat in die plaaslike supermark beskikbaar is.
Dr Awie de Villiers en sy span, het 'n visie gehad om 'n meer omvattende diens aan hul kliënte te lewer. Só het die idee van 'n dierekliniek ontstaan.
Die Vitalvet-diereklinieke is daarop ingestel om hoë kwaliteit dienste, soos sterilisasies, inentings, konsultasies, bloedtoetse, algemene chirurgie en tandheelkunde, aan te bied.
Vitalvet op die hoek van Kerkstraat in Mosselbaai.
Wat Vitalvet uniek maak, is die hoogs-opgeleide personeel wat deel vorm van die span. Die span het begin met Dr Dempsey de Lange, Sr Ilse Wyatt-Goodall en drie bekwame ontvangsdames.
Dr Conrad Kruse het onlangs by hulle aangesluit ná hy vir 11 jaar in Johannesburg gepraktiseer het. Dr Conrad Kruse is opgewonde oor die geleentheid om as deel van die Vitalvet-span, in veral ortopedie te spesialiseer.
Suster Elle Stevens, het ook onlangs by hulle aangesluit en het 19 jaar ondervinding as hoofverpleegster by veeartse in Engeland.
Dr Helen Pringle vorm ook deel van hierdie span en het 'n groot belangstelling in tandheelkunde.
Die personeel by Vitalvet staan reg om na al jou troeteldier se behoeftes om te sien.
Behalwe ortopedie, is tandheelkunde 'n belangrike fokuspunt vir die kliniek. Tande wat nie versorg word nie, kan lei tot bakteriële infeksies van die hartkleppe, lewer, niere en milt.
Vitalvet in Mosselbaai werk saam met die George-tak indien 'n troeteldier 24-uur versorging in die dierehospitaal benodig ná 'n gespesialiseerde operasie. Die George-tak het 'n volledig toegeruste dierehospitaal.
VIDEO - Vitalvet Mosselbaai bied ook nou 'n dierekliniek vir jou gerief:
Vitalvet het in Maart 2016 begin as 'n veterinêre winkel.
Dr Conrad Kruse en suster Elle Stevens besig met 'n pasiënt in Vitalvet se dierekliniek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'