Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKENUUS - Wanneer die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord sê dat hulle die veiligste aftree-oord in die Suid-Kaap is, is dit beslis nie net lippetaal om verkope ‘n hupstoot te gee nie. Hierdie stelling dra inderdaad water.
Dit is ‘n voldwonge feit dat Suid-Afrikaners, volgens ‘n wêreldwye tendens nie skroom om hulle te wend na sosiale media om hulle se te sê en veral aanlynkommetaar op stellings te maak nie. Onlangs het ‘n sosiale-mediagebruiker op die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord se blad ‘n navraag oor hulle sekuriteitstelsels gedoen en gevra op grond waarvan hulle so ‘n kragdadige stelling kan maak.
Die antwoord is eenvoudig. Sedert die oord sy deure geopen het was daar nog geen inbrake gewees nie. Boonop, word sekuriteitstelsel voortdurend getoets, gemonitor, aangepas en uitgebrei.
Een van die oord se belangrikste oogmerke is om aan inwoners ‘n leefruimte, binnenshuis én buitenshuis te bied waarbinne hulle nie bedreig voel nie. Ry jy die oord se hekke binne, is die pragtige blomtuine, veral met die koms van die nuwe seisoen, ‘n pure lus vir die oog.
Nog meer opvallend, is hoe inwoners gemaklik en ontspanne buite hulle huise tuinwerk kan doen of sommer net onbekommerd in die tuin kan sit en ontspan.
Die Mosselbaai Afree- en Leefstyloord is geleë in die pragtige Paradise Coast strand- en eko-landgoed, Danabaai – ‘n stukkie hemel langs die see, waar inwoners, nie bedreig voel nie.
Statistiek
Met die onlangse misdaadstatistieke, word ‘n donker prentjie geskets oor die veiligheidsituasie in Suid-Afrika – ‘n prentjie wat nie geïgnoreer kan word nie.
Volgens die jongste statistiek wat deur die Minister van Polisie, Bheki Cele bekendgemaak is, vind 61 huisrooftogte, ‘n sogenaamde kontakmisdaad, daagliks plaas. ‘n Huisrooftog is wanneer inwoners binne-in hulle wonings gekonfronteer en besteel word.
Huisbraak, wanneer ‘n persoon wederregtelik en met intensie in ‘n gebou inbreek, is volgens statistiek die mees gevreesde misdaad in Suid-Afrika, soos aangedui in ‘n meningsopname met misdaadslagoffers in 2017/18. Hierdie is egter nie ‘n kontakmisdaad nie. Die jongste syfers toon dat daar 605 huisbrake daagliks in Suid-Afrika voorkom.
Met die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord se gevorderde sekuriteitstelsel, wat op vier pilare rus, is die fokus op voorkomende eerder as reaksionêre sekuriteit.
Een van die oord se belangrikste oogmerke is om aan inwoners ‘n leefruimte, binnenshuis én buitenshuis te bied waarbinne hulle nie bedreig voel nie.
Hierdie vier pilare sluit in streng toegangsbeheer en die gebruik van termiese en ander veiligheidskameras binne die perseel wat in sy geheel omhein is. .
Die Mosselbaai Afree- en Leefstyloord is geleë in die pragtige Paradise Coast strand- en eko-landgoed, Danabaai – ‘n stukkie hemel langs die see, waar inwoners, nie bedreig voel nie.
Vir navrae oor hierdie uitmuntende aftree-adres, stuur e-pos na bemarking@aftreebydiesee.co.za of skakel 044 604 3000.
Volg ons op Facebook
Lees meer op ons website.
Ry jy die oord se hekke binne, is die pragtige blomtuine, veral met die koms van die nuwe seisoen, ‘n pure lus vir die oog.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'