Sponsored Content
BUSINESS NEWS - Vir die derde jaar in 'n ry is Toucan Materiaal & Wol Winkel aangewys as die beste materiaalwinkel in die Best of Mossel Bay Readers' Choice Awards - 'n prestasie waarop die eienaars en span met groot trots kan terugkyk.
By Toucan Materiaal & Wol Winkel het ons 'n passie vir alles wat kreatiwiteit en handwerk moontlik maak.
Die winkel bied 'n wye verskeidenheid produkte, waaronder wol, materiaal, rokmateriaal, stoffeermateriaal en gordynmateriaal, terwyl die span voortdurend probeer om met die nuutste produkte en tendense tred te hou.
Vir die eienaars gaan Toucan egter oor veel meer as net die produkte op die rakke. Hulle glo dat goeie diens begin by die mense wat by die deur instap.
"Ons streef daarna om altyd ons klante vriendelik en met die kennis wat ons het, met die beste raad en idees te kan help," sê hulle.
Daardie persoonlike benadering is deel van wat Toucan se verhouding met ons klante so spesiaal maak.
Of iemand nou op soek is na materiaal vir 'n nuwe projek, raad nodig het oor 'n produk of bloot 'n bietjie inspirasie soek, die span is altyd bereid om met raad en daad by te staan.
Die derde agtereenvolgende Best of Mossel Bay-toekenning is daarom nie net 'n erkenning van die winkel nie, maar ook van die gemeenskap wat Toucan deur die jare ondersteun het.
"Ons wil net dankie sê aan elke klant wat ons deur dié jaar, en al die voorafgaande jare, ondersteun het. Sonder julle sou ons nie ons deure kon oophou nie. Ons is dankbaar."
Met drie agtereenvolgende oorwinnings is dit duidelik: Toucan Materiaal & Wol Winkel se sukses is gebou op kennis, vriendelikheid, gehalte en 'n opregte waardering vir sy klante.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’