Advertorial
SAKE NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale met sy 460 leerders is landwyd bekend vir leerderprestasies en baie netjiese en moderne fasiliteite.
Oakdale is egter meer as 'n skool - dis ook 'n tuiste vir 432 leerders wat in die koshuis inwoon.
Die Hoër Landbouskool Oakdale word soos 'n besigheid bestuur wat 'n professionele diens aan sy kliënte lewer.
Vandaar die sterk klem wat gelê word op die uitbreiding en versterking van akademiese prestasies wat deur die professionele hulpsentrums bevorder word.
Dit is veral leesvaardighede, wiskunde en fisiese wetenskap wat hierby baat.
'n Nuwe aanbiedingstruktuur in wiskunde in die senior fase is absoluut gerig op die bevordering van akademiese uitnemendheid by elke individuele leerder.
Hier op Oakdale is die welsyn, geluk en emosionele ontwikkeling van elke leerder 'n prioriteit.
Gedurende die graad 8-leerders se eerste paar weke op Oakdale word klem gelê op die opheffing en groei van elke seun.
Hier neem graad 12-leerders leiding om graad 8’s te laat glo in hulself, medeleerders en personeel.
Op Oakdale word matrieks nie uitgeken aan hul voorkoms nie, maar deur hul voorbeeldige optrede, verantwoordelikheidsin en sin om te dien en nie om gedien te word nie.
Graad 8-leerders word omvou deur 'n warmte en hartlikheid wat aan hulle die ideale geleentheid tot groei en selfontwikkeling bied.
Hulle floreer in 'n veilige ruimte waar hulle hulself ontdek en talente slyp met behulp van bekwame personeel en wêreldklasfasiliteite.
Oakdale ontvang 'n seun en stuur 'n jong man die wêreld in. Oakdale beskik oor professionele afrigters in 11 sportsoorte, asook 3 sportwetenskaplikes, 'n biokinetikus en 'n fisioterapeut in die binnenshuise sportsentrum.
'n Opedag waartydens voornemende leerders saam met hul ouers die skool kan besoek, word op Woensdag, 14 Maart, op Oakdale aangebied.
Hierdie personeel verseker die gehalte van dienslewering wat Oakdale aan sy leerders bied.
Oakdale het verlede jaar 121 provinsiale- en 10 nasionale sportmanne opgelewer.
Dit is die bevordering van balans in vormingsgeleenthede wat Oakdale die unieke tuiste vir enige leerder maak.
Kultuur vorm 'n baie belangrike komponent van Oakdale se geleentheidspakket. Hier neem seuns met sukses aan redenaars- en debatskompetisies deel.
Hulle het ook die geleentheid om ook hul musiektalent in die Oakdale-koor en die -orkes uit te leef.
Afgesien van die Oakdalers se prestasies op akademiese-, sport-, kultuur- en landbougebied, is hulle veral bekend vir hul kenmerkende optrede.
Dis reeds die klein dingetjies wat op Oakdale tel – die groet, baadjieknope wat vas is, respek vir volwassenes en seniors, asook die uitleef van skooltrots en samehorigheid.
Oakdale is 'n “hoërskoolfees” wat, danksy werksetiek en breë beroepskeuses, deeglike voorbereiding aan sy skoolverlaters bied.
'n Opedag waartydens voornemende leerders saam met hul ouers die skool kan besoek, word op Woensdag, 14 Maart, op Oakdale aangebied.
Alle belangstellendes wat hulself van die skool, sy leerders, fasiliteite en geleenthede wil vergewis, is welkom om die skool te besoek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'