Advertorial Gallery Video
MOSSELBAAI SAKENUUS EN VIDEO'S - Stap jy deur die deure van die Old Mutual-kantore op die vyfde vloer by Plaza Aquadagebou in Marshstraat, Mosselbaai, is die eerste indruk wat jy kry dat jy moontlik by die verkeerde kantoor aangemeld het. Eers wanneer jy die groot verligte Old Mutual uithangbord agter die ontvangsdame sien, weet jy dat jy op die regte plek is.
Strauss, Booysen en Vennote is vriendelike professionele finansiële adviseurs wat nie net passievol is oor hul kliënte se finansiële welstand en toekoms nie, maar ook met onlangse veranderings aan die kantoor, skep hulle 'n persoonlike atmosfeer waar kliënte tuis voel en met respek en integriteit behandel word.
Die veranderings aan die kliënte-ontvangsarea is modern met 'n nuwe konsep. Daar is 'n heerlike sit-area waar kliënte 'n koppie koffie kan geniet en drie formele klankdigte vertrekke waar persoonlike gesprekke kan plaasvind.
Die ontvangsarea beskik ook oor 'n oop konsultasie-area waar dokumentasie uitgeruil en gesprekke gevoer kan word.
Die uitleg van die kantoor maak voorsiening vir 'n area waar die adviseurs in 'n afsonderlike gedeelte werk en die kliënte word in die ontvangsarea gekonsulteer in die toegewysde klankdigte vertrekke.
Die werkarea van die adviseurs en bestuur is ook so ontwerp dat klank tot die minimum beperk word deur die gebruik van klankdigte panele op strategiese plekke.
FOTOGALERY: Strauss, Booysen & Vennote en Old Mutual Mosselbaai
Met telefone is ook weggedoen en alle oproepe en elektroniese konsultasie word met rekenaar-tegnologie gedoen.
Die Strauss Booysen Praktyk is ook in September vereer met die toekenning as een van die die top vyf algemene praktyke van die 2022 Old Mutual praktyk van die jaar kompetisie.
Met die vars en nuwe konsep bied Strauss, Booysen en Vennote hulle kliënte die vrymoedigheid om in privaatheid lang-termyn verhoudings en wedersydse respek op ‘n gelyke vlak te kan opbou met hul adviseur.
Met die nuwe voorkoms bied Strauss, Booysen en Vennote in die Old Mutual kantore vir elke kliënt die geleentheid om sy/haar finansiële- en lewenstyl-doelwitte te bereik.
Kontak Len Strauss en sy span by 082 903 0202 of Lstrauss@oldmutual.com
VIDEO - Len Strauss talks about Strauss, Booysen & Associates:
VIDEO - Welcoming and walk-thru the office:
VIDEO - Robin Mclaurie talks about the the Smoothed Bonus Funds
Die span van Strauss, Booysen & Vennote. Van links is Christoff Booysen (uitvoerende finansiële adviseur), Len Strauss (uitvoerende finansiële adviseur), Johan Strauss (senior finansiële adviseur) en John Darlew (senior finansiële adviseur).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'