Advertorial
MOSSELBAAI SAKE-NUUS - Bay-Med@14 in Da Nova wat vandag 1 Februarie hulle deure open, is 'n besonderse familiebesigheid.
Hier praktiseer man-en-vroukombinasie, dr Ernie Hobbs en sy eggenoot, dr Sanet Pretorius, wat sedert die begin van hulle loopbane, saam in die tuig staan.
Hulle het as mediese studente op die Tuks-kampus ontmoet, saam hulle eerste praktyk geopen en dit met sukses as egpaar vir 20 jaar in Pretoria bedryf, voor hulle hulle sowat vyf jaar gelede in Mosselbaai hervestig het.
Bo en behalwe dat 'n skuif Mosselbaai toe sinvol was aangesien hul middelkind, vanjaar in matriek, keuring gekry het en gholf gespeel het vir twee jaar by Louis Oosthuizen se Gholfakademie, het hulle as gesin die rustigheid van dié streek kom opsoek.
Die oudste van hulle drie kinders studeer regte en die jongste is vanjaar in graad 8 aan Hoërskool Punt.
"Dit is vir ons heerlik om ons eie praktyk te kan hê waarvandaan ons 'n omvattende diens aan pasiënte kan beid," sê dr Hobbs. Drs Hobbs en Pretorius is die eerste intrekkers in 'n splinternuwe, moderne gebou, gerieflik geleë naby Life Bayview-hospitaal in Da Gamastraat 14, Da Nova.
"Ons wil gebruik maak van tegnologie om die prosesse in ons praktyk seepglad te laat verloop," voeg dr Hobbs by.
Afsprake kan gemaak word op 087 809 4309.
Hiermee word bedoel dat veral administratiewe sisteme elektronies van aard sal wees.
Voorskrifte kan dus per e-pos na die apteek gestuur word en 'n webkamera sal gebruik word in die registrasie van pasiënte.
"Ons wil graag hê ons pasiënte moet sommer met die intrapslag tuis en welkom hier by ons praktyk voel," sê dr Hobbs.
Die praktyk bied omvattende spreekure: Maandag tot Donderdag 08:00-18:00, Vrydae 08:00-17:00 en Saterdae 09:00-12:00.
Kontak ons op 087 809 4309.
Hier praktiseer man-en-vroukombinasie, dr Ernie Hobbs en sy eggenoot, dr Sanet Pretorius, wat sedert die begin van hulle loopbane, saam in die tuig staan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'