Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKENUUS - Tussen Danabaai en Pinnacle Point, ‘n wêrelderfenisgebied in Mosselbaai lê ‘n onontdekte juweel – ‘n stukkie ongerepte kuslyn, bekend as die Paradise Coast- ekolandgoed.
Hier, genestel in pragtige natuurskoon, is die Mosselbaai Aftree en Leefstyloorde, ‘n aanloklike bestemming vir diegene wat soek na ‘n stukkie paradys as die ideale beloning op ‘n lewe ten volle geleef.
Daar is ‘n veelvoud aantreklikhede aangaande die Mosselbaai Aftree en Leefstyloorde, wat besoekers dadelik welkom laat voel sodra hulle deur die twee sekuriteitshekke, geleë 1km buite Danabaai ry.
Die gewildheid van die aftree- en leefstyloord blyk duidelik uit die feit dat huise hier, elk met sy eie karakter danksy die ontwikkelaars wat uit hulle pad gaan om voornemende inwoners te plesier, tans rekords laat spat wat verkope betref. Bo en behalwe die pragtige natuurskoon, is die oord ‘n lushof van tuine, in meeste gevalle die handewerk van die inwoners self.
Só beïndruk met dié aftree- en leefstyloord was die deurwinterde radio- en televisie-uitsaaier, Riaan Cruywagen ná ‘n besoek aan die fasiliteite, dat hy sondermeer ingewillig het deel te neem aan ‘n reklameveldtog vir hierdie unieke produk en die dienste wat daar gelewer word.
"Ek leen nie graag my naam of my persona tot iets waarin ek nie glo nie, maar ek is so beïndruk met hierdie ontwikkeling, dat ek nie geskroom het om in te willig om as 'n soort handelsmerkambassadeur vir hulle op te tree nie," het Cruywagen agter die skerms tydens ‘n onderhoud met die plaaslike media gesê.
Cruywagen het saam met die veteraanakteurspaar, Johan en Lida Botha in November vanjaar deelgeneem aan die verfilming van ‘n film, onder regie van gesoute filmmaker, Koos Roets, om die aftree- en leefstyloord se besonderse aanbiedinge toe te lig. Die film is te sien op die webwerf – aftreebydiesee.co.za
Ook die Bothas kon nie uitgepraat raak oor die vriendelikheid van personeel en indrukwekkende natuurskoon by die aftree- en leefstyloorde nie.
Maar by die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde, gaan dit egter oor meer as net ‘n bekoorlike omgewing en alles wat daarmee saamgaan om dit ‘n aangename blyplek te maak.
In terme van die aspekte waarop die keuse van ‘n aftreebestemming gebaseer behoort te wees, is die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde ‘n voor die handliggende keuse.
Omvattende sekuriteitstelsels wat die jongste tegnologie gebruik, gee gemoedsrus aan inwoners om hulle aftrede ten volle te geniet. Wat versorging betref, is verskeie opsies beskikbaar wat insluit, ‘n volledig toegeruste versorgingseenheid; privaat gekontrakteerde ambulansdiens en ‘n noodknoppiediens in elke wooneenheid.
‘n Sosiale program wat aktiwiteite vir almal bied, verseker dat die gemeenskap binne die aftree- en leefstyloord, kerngesond bly wat hul menseverhoudinge betref.
Al hierdie aantreklikhede, word omsigtig bestuur deur ‘n span wat die aftree- en leefstyloord bedryf gerugsteun deur jarelange ondervinding in die bestuur van soortgelyke oorde.
Charmaine Lindeque, die oordbestuurder by Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde, het haar tande geslyp as oordbestuurder by Twee Riviere Aftree-oord, Bougainvilla Aftree-oord en die gewilde Wilgers Aftree-oord waarvan die laaste twee genoemdes die gesogte Pretoria Rekord Reader’s Choice Award ingepalm het. Hierdie toekennings was in die kategorie vir beste aftree-oord in Pretoria.
Charmaine ploeg tans nie net haar ryke ervaring nie, maar ook haar onteenseglike liefde vir afgetredenes terug by die Mosselbaai Aftree en Leefstyloorde. “Ek is mal oor ouer mense. Dis mý mense,” sê sy onomwonde.
Skakel Willie Smith (061 147 6495), bemarkingsdirekteur by Mosselbaai Aftree- en Leefstyloorde om meer uit te vind oor opsies beskikbaar. Nuvest (Pty) Ltd, waarvan die Kondotel Groep ‘n aandeelhouer is, is die ontwikkelaar. Die Kondotel Groep het sedert 1971 verskeie suksesvolle ontwikkelings reg oor die land gedoen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'