Sponsored Content
SAKENUUS - Dis weer feesgety, ‘n tyd wat gesellige samesyn uitspel! Familiekuiers is sinoniem met die gees van hierdie besonderse seisoen. Die land se paaie wemel van voertuie met sleepwaens of karavane soos die groot uittog na die kus plaasvind. Op lughawens speel vreugdevolle tonele af soos families, en dikwels vanuit die buiteland weer met mekaar vir die Kerstyd herenig word. Ma’s en pa’s sien reikhalsend uit na ‘n blaaskans uit die ge-roetineerde lewe met spertye en druk. Oupas en oumas se oë blink dikwels die heel meeste juis in die vooruitsig om kleinkinders te kan bederf.
Dit is ook ‘n tyd van refleksie wanneer bestekopname gedoen word – ‘n tyd om die lewe te vier en seëninge te tel. Maar saam met die seisoen se feestelike samesyn, is daar ook die skrille kontras van eensaamheid wat veral vir senior burgers ‘n wrang realiteit is.
Kenners beskryf die proses van ouerword as ‘n proses van stelselmatige verlies. Dit lei dikwels tot gevoelens van negatiwiteit.Vereensaming kan lei tot verandering in perspektief, gevoelens van ontkenning, agterdog, woede, verset, ‘n terugroep na die verlede en gedragsafwykings.
Soos tydens alle lewensfases, is die proses van ouerword ook makliker wanneer dit binne ‘n omgewing gebeur waar mense met dieselfde unieke behoeftes saam kan wees. Daarom is ‘n skuif na ‘n aftree-oord ‘n sinvolle besluit wat groot waarde tot ouerwordende persone se lewens kan toevoeg. Bo en behalwe ‘n veilige omgewing, is hier samesyn met enersdenkendes en noodsaaklike ondersteuningsdienste is ‘n armlengte ver.
Die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord bied so ‘n oplossing en ver meer.
Met die beste sekuriteitstelsel in die Suid-Kaap bied hierdie kompleks ‘n landelike gevoel van geselligheid en vrede. Tuine is ‘n lushof waar vriende ‘n namiddagkoffie saam kan geniet. Die kompleks se strate is ruim, veilig en daar is ‘n oorvloed plek om te stap.
Die kompleks is geleë in die pragtige Paradise Coast-omgewing, naby Danabaai. Winkelsentrums en ander noodsaaklikhede is gerieflik naby. Die N2-snelweg is maklik bereikbaar en die George Lughawe is ‘n skrale halfuur se ry vir wanneer die kleinkinders van ver sou wou kom kuier.
Dis ‘n onteenseglike feit, dat ‘n adres aan die Suid-Kaapse kus ‘n gesogte een is. Nie net as ‘n vakansiebestemming gedurende die somervakansie nie, maar juis ook met die oog op ‘n welverdiende aftrede. Die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord bied ‘n slim manier om stylvol af te tree.
Maak ‘n punt daarvan om gedurende die feestyd ‘n besoek af te lê by die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord.
Nie net om meer uit te vind oor wat die kompleks bied nie, maar ook om ‘n gevoel te kry van hierdie geborge omgewing met sy sonderlinge atmosfeer waar ouerwordende persone gedy in ‘n nuwe fase van hulle lewens om mooi herinneringe te maak.
Vir meer inligting, kontak 044 604 3000 of besoek www.aftreebydiesee.co.za en reël vandag ‘n afspraak en begin ‘n nuwe lewe.
Die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord bied ‘n slim manier om stylvol af te tree.
Die kompleks se strate is ruim, veilig en daar is ‘n oorvloed plek om te stap.
'n Feestyd vol nuwe herinneringe wag by gesogte adres.
Tuine is ‘n lushof waar vriende ‘n namiddagkoffie saam kan geniet.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'