Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKENUUS - Gedurende enige fase van ‘n mens se lewe, wanneer dit by toeksombesplanning kom, duik dieselfde vrae op rondom hoe en waarin jy moet besluit om jou geld te belê. So ook en dalk veral, wanneer daar besluit moet word oor die lewensfase ná aftrede.
Met die neem van enige groot beleggingsbesluit, is dit maklik om toe te laat dat ‘n persepsie jou besluitneming beïnvloed. As jy dus nie jou huiswerk doen nie, kan persepsies jou oordeelsvermoë kniehalter en jou planne belemmer.
Die bekostigbaarheid van aftree-oorde word alte dikwels verkeerdelik in rand en sent gemeet. Wanneer dit by gemoedsrus tydens aftrede kom, spesifiek in terme van verblyf wat vir die unieke en veranderende behoeftes van bejaardes voorsiening moet maak, gaan dit beslis nie net oor huispryse nie.
Om die waarde van ‘n afteredebelegging in geld te meet, kan dus baie kortsigtig wees. Van die kernvrae wat gevra moet word, juis met die oog op die toekoms, is: Wat het ek nodig, nie net nou nie, maar ook later in my lewe?
Wanneer daar op ‘n aftree-oord besluit word, is die waardetoevoeging van kritiese belang. Mens koop beslis nie net ‘n blyplek nie, juis daarom kan bekostigbaarheid nie suiwer in rand en sent bereken word nie.
Die Mosselbaai Afree- en Leefstyloord is geleë in die pragtige Paradise Coast strand- en eko-landgoed, Danabaai.
Dit gebeur dikwels dat ouerwordence persone in individuele huise aanbly waar hulle, soos hul behoeftes verander, ‘n verskeidenheid dienste begin benodig, soos byvoorveeld tuisversorging. Alhoewel daar organisasies bestaan asook privaat diensverskaffers wat hier van nut kan wees, moet ‘n mens die vraag vra of hierdie dienslewering op die lang duur volhoubaar en koste-effektief gaan wees.
‘n Paar kwessies om te oorweeg is:
- Wat het ouerwordende persone nodig?
- Waar kan noodsaaklike, volhoubare ondersteuningsdienste onder een sambreel bekom word?
- Is daar ‘n gebeurlikheidsplan in plek vir my lewe as ouerwordende persoon?
- Sou ‘n ouerwordende persoon wat onafhanklik woon iets oorkom of ‘n gesondheidsterugslag beleef, hoe geredelik is hulp beskikbaar wat dalk lewensbelangrik mag wees?
Heffings is ook dikwels in die spervuur wanneer dit kom by verblyf in ‘n aftree-oord. Maar om te verhoed dat persepsies die oorhand kry, ondersoek eers deeglik wat die heffing insluit en watter waarde daardeur toegevoeg word.
Belangrike kwessies om in gedagte te hou, sluit in:
- Toereties behoort oorde, hoe meer gevestig en hoe meer inwoners daar is, toenemend laer heffings te bied
- Wat is my intreekoste om in ‘n bepaalde aftree-oord te vestig?
- Wat is my lewenskoste en hoe hang dit saam met die heffing in die aftree-oord van my keuse?
- Wat is my uittreekoste wanneer ek die aftree-oord sou verlaat en my eiendom sou verkoop?
By die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord is waardetoevoeging die wagwoord. Hier word veilige aftrede gebied wat die veranderende behoeftes van ouderwordende persone deurlopend monitor, aanspreek en akkommodeer.
Ondersteuning- en versorgingsdienste is omvattend, nie net vir diegene in die sorgeenheid vir verswaktes nie, maar vir alle inwoners. ‘n Privaat ambulansdiens is beskikbaar tydens mediese noodgevalle.
Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord spog ook met puik veiligheidsisteme wat as die toonaangewendste in die Suid-Kaap gereken word. Dit sluit in streng toegangsbeheer, 24h sekuriteit, asook die gebruik van termiese en ander veiligheidskameras binne die omheinde perseel.
Aangesien die afree- en leefstyloord ‘n holistiese benadering tot bejaardesorg volg, is die vestiging en volhoubaarheid van ‘n gesonde sosiale omgewing waarin ouerwordende persone kan blom, van kritiese belang.
Daar word ook gefokus op ondersteuning van ‘n gesonde leefstyl deur middel van die eetsaal waar voedsame en gebalanseerde etes aan inwoners verskaf word.
Van die die mees opwindende ontwikkelings by die oord tans, is die bou van ‘n ruim dienssentrum en funksielokaal wat later vanjaar voltooi sal wees.
Die Mosselbaai Afree- en Leefstyloord is geleë in die pragtige Paradise Coast strand- en eko-landgoed, Danabaai.
Vir navrae oor hierdie uitmuntende aftree-adres, stuur e-pos na bemarking@aftreebydiesee.co.za of skakel 044 604 3000.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'