Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Met 'n teenwoordigheid in 47 dorpe en meer as 30 jaar se ondervinding, is Smhart Security die logiese keuse vir al jou sekuriteitsbehoeftes.
Hartenbos is nie net die nuutste toevoeging tot dié 47 dorpe nie, maar groei ook die vinnigste, sê stigter en eienaar van Smhart, Carl Trahms.
Smhart is 32 jaar gelede deur Trahms gestig en het sedertdien gegroei tot wat dit vandag is. Smhart het takke in onder meer Jeffreysbaai, Plettenbergbaai, Mthatha, Butterworth, Graaff-Reinet en meer.
Smhart Security is al sowat drie maande in die Hartenbos-omgewing en Trahms sê dit is vir hom en sy span 'n groot voorreg om in dié dorp te wees en net so 'n groot voorreg om die mense van Hartenbos op te pas en 'n groot deel van hul diens in Afrikaans te kan lewer.
"Ons het tans ses voertuie in die area en ons is besig om in die Mosselbaai-area ook in te beweeg - ons wag net vir voertuie in 2025."
Enigiemand wat belangstel om by die Smhart-span aan te sluit is welkom om hulle te skakel op 071 728 2620.
"Ons is hier om die area te bedien en ons sou nie in 47 dorpe gewees het as ons nie absolute diens gelewer het nie. Ons sien uit daarna om voort te bou op dié reputasie en sien dit as 'n eer om met die inwoners en die Hartenbos Vakansiedorp Huiseienaarsvereniging saam te werk."
Lede van Smhart Security se Hartenbos-span, Omar Fourie, Jean-Pierre Rossouw en Andries Potgieter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’