Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Johannes Bisschoff het nog steeds sy eerste Lego-stel uit die 1970s. Hierdie immergroen speelgoed het só 'n indruk op hom gemaak, dat hy vandag 'n winkel vol Lego besit.
Geleë in die Shell Truckport in Voorbaai, meen Johannes tong in die kies dat sy Lego-winkel van die min is wat 24h per dag oop is.
Lego, een van die wêreld se mees herkenbare handelsname, het in 2018 'n groot bydrae gelewer tot opvoedkundige ontwikkeling in Suid-Afrika. Terwyl daar Lego gespeel word, leer kinders speel-speel van vorms en groottes. Boonop word daar heeltyd getel en stimuleer dit ook kreatiwiteit. Lego is ook ideaal vir kinders wat aan outismespektrum ly.
"Lego se waarde is legio," meen Johannes. Hy sê dat ouers hom gereeld vertel dat Lego die enigste teenvoeter is om hulle kinders se skermtyd te beperk.
Lego is beslis nie net speelgoed vir kinders nie. Johannes sê dat meer as 50% van sy verkope aan die volwasse mark gaan. "Ek het heelwat ouer kliënte wat al bejaardes is. Hulle geniet hulle Lego nog net so baie, want Lego is 'n kunsvorm en bied terapeutiese ontspanning."
Vir vakansiegangers, is die Lego-winkel by die Shell Truckport 'n bestemming. Baie stop heel eerste daar op besoek aan Mosselbaai, selfs voor hulle nog die see gegroet het.
Die Lego-winkel in Voorbaai bied toegang tot meer eksklusiewe Lego-stelle. Hulle is 'n Bricklink-winkel. Dit beteken dat hulle handel in enkel of los deeltjies. "Ons stuur hierdie deeltjies die wêreld vol, selfs Rusland toe." Met die Kersinkopies wat voorlê, besoek gerus die Lego-winkel by Shell Truckport, Voorbaai of gaan kuier by hulle aanlynwinkel, www.bricks4africa.com
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'