Sponsored Content Video
MOSSELBAAI SAKENUUS EN VIDEO - Van die grootste kruispaaie waarby mense dikwels kom, is wanneer hulle die besluit moet neem oor hulle aftree-adres. Navorsing toon dat tot 90% van ouerwordende persone verkies om so lank as moontlik onafhanklik aan te bly in hulle huidige tuistes, eerder as om te verhuis na ‘n aftree-oord en daar in te skakel.
Met die tegnologie en dienste beskikbaar, is die opsie om aan te bly in ‘n huidige tuiste ‘n aantreklike en lewensvatbare keuse.
Hierteenoor, dui die jongste navorsing egter aan dat op die keper beskou, inwoners van ‘n aftree-gemeenskappe oftewel aftree-oorde, in geheel gelukkiger en gesonder is. Hierdie respondente in ‘n grootskaalse studie, uitgevoer in die Verenigde Koninkryk, toon ook groter algehele welstand onder seniors in aftreegemeenskappe teenoor seniors wat op hulle eie bly in hulle huidige tuistes.
Alhoewel hierdie navorsing elders genereer is, meen kenners dat dit ‘n akkurate refleksie van ‘n globale tendens kan wees. Gesprekke met inwoners van die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord, het heelwat van die studie se bevindings ondersteun. Alhoewel dit nie as navorsingsresultate voorgehou word nie, is ooreenkomste met die studie se resultate treffend.
Navorsing
Die navorsing is gedoen deur ProMatura Internasionaal, ‘n organisasie wat spesialieer in data- en verbruikerstudies aangaande die die behuisingsindustrie vir ouerwordende persone en die Associated Retirement Community Operators (ARCO), ‘n organisasie wat aftreegemeenskappe in die Verenigde Koninkryk verteenwoordig.
Die studie is gedoen onder 2799 inwoners van 81 verskillende aftree-gemeenskappe wat deur 15 verskillende diensverskaffers bestuur word.
Verder het 1111 ouerwordende persone wat tans die besluit oorweeg om na ‘n aftree-oord te verhuis, aan die studie deelgeneem.
Volgens die resultate, het diegene wat reeds suksesvol ingeskakel het in ‘n aftree-gemeenskap, teenoor diegene wat nog oorweeg om te verhuis na ‘n aftree-oord, die volgende verskille getoon:
- ‘n Meer aktiewe leefstyl
- Laer vlakke van eensaamheid
- Groter besef van veiligheid
- Groter lewensgenot
- Hoër gesondheidsvlakke oor langer periodes
Verder interessante bevindinge, is soos volg:
- 90% van die respondente het aangedui dat hulle op die regte tydstip by ‘n aftree-gemeenskap ingeskakel het teenoor slegs 4% wat gevoel het dat hulle langer sou wou wag voordat hulle die skuif gemaak het.
- Respondente het gemiddeld 4.5 jaar lank in ‘n aftree-gemeenskap gewoon, ten tye van die studie en het gesê dat hulle gesondheid sedert hulle skuif stabiel gebly en in sommige gevalle selfs verbeter het.
- 89% het aangedui dat hulle “tevrede” en “baie tevrede” met hulle aftree-gemeenskap is.
- Lede van ‘n aftree-gemeenskap was 2-5 keer meer geneig om aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deel te neem, as diegene wat nie deel is van ‘n aftree-gemeenskap nie. Hierdie tendens dui ook op groter deelname aan sosialisering as voorheen, voor die skuif na ‘n aftree-gemeenskap.
- 93% van die respondente binne die aftree-gemeenskappe, het aangedui dat hulle voel dat daar ‘n veligheidsnet vir hulle is wat enige gebeurlikhede betref, teenoor die slegs 40% wat dieselfde gevoel het onder nie-inwoners van ‘n aftree-gemeenskap.
Plaaslike gesprek
Na aanleiding van die navorsing, het die Mossel Bay Advertiser, ‘n gemeenskapskoerant met inwoners van die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord gaan gesels. Dieselfde vrae, wat nie vooraf aan die deelnemers bekend was nie, is aan almal gevra. Dit het ingesluit:
- Waar het jy/julle voorheen gewoon?
- Hoe lank is jy/julle inwoners in die Mosselbaai Aftree- en Leefstyloord?
- Wat is die grootste positiewes van julle verblyf hier?
- Hoe sou dit vergelyk met die omstandighede waarin jy/julle voor die skuif gebly het, veral in die lig van die toekoms?
- As jy/julle iemand sou raakloop wat tans wonder of dit tyd is om te skuif na ‘n afree-gemeenskap en daar in te skakel, wat sou jy/julle vir hulle se om die besluit makliker te maak
Die onderhoude is binne die bestek van ‘n dag opgeneem, sonder dat respondente met mekaar kon koukus oor hulle antwoorde.
Kyk gerus die video-opname hier:
Alhoewel dit nie voorgehou kan word as amptelike navorsing nie, is dit opmerklik dat die respondente bykans elke aspek van ProMatura/ARCO-studie eggo.
As jy dus by die kruispad staan en wonder of dit tyd is om in te skakel by ‘n aftree-gemeenskap teenoor onafhanklik aanbly in jou huidige tuiste, mag hierdie artikel en meegande video dalk net die rigtinggewende antwoorde bied wat jou koers verder bepaal.
Die Mosselbaai Afree- en Leefstyloorde is geleë in die pragtige Paradise Coast strand- en eko-landgoed, Danabaai. Vir navrae oor hierdie uitmuntende aftree-adres, stuur e-pos na bemarking@aftreebydiesee.co.za of skakel 044 604 3000.
Facebook skakel:https://www.facebook.com/mosselbaaiaftree/
Website skakel: https://aftreebydiesee.co.za/mossel_bay_retirement_village/index.php
Vir navrae oor hierdie uitmuntende aftree-adres, stuur e-pos na bemarking@aftreebydiesee.co.za of skakel 044 604 3000.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'