Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKENUUS - In ‘n tydperk waar hoë misdaad aan die orde van die dag is, waar inflasie gedurig aan jou beursie knaag en waar daar algemene onsekerheid heers, word dit vir senior burgers al hoe belangriker om hul heil in die veilige omgewing van ‘n aftree-oord met sy goeie ondersteuningsdienste te gaan soek.
Die besluitnemingsproses om na ‘n aftree-oord te trek kan egter traumaties wees.
Dit sal veral gebeur indien die beplanning en besluitneming nie goed gedoen is nie.
Die heel eerste ding om te doen is om die familie en vriende wat die naaste aan jou is by die proses te betrek.
Die tweede ding is om nie hals-oor-kop ‘n besluit te neem nie, maar maak eers genoeg inligting bymekaar sodat die regte besluit gemaak kan word. Onthou dat inligting wat op skrif is baie verder gaan as inligting wat per mond oorgedra is.
Oorweeg onder andere die volgende in jou besluitnemingsproses:
- Watter tipe eienaarskap moet dit wees? (Voltitel, deeltitel, lewensreg of wil jy huur).
- In watter area wil jy gaan woon?
- Wat is vir jou ‘n beskostigbare prysklas?
- Wat is die heffings en met hoeveel gaan dit per jaar op?
- Watter waarde kry jy vir die heffing wat jy betaal?
- Moet dit ‘n losstaande eenheid, dupleks of woonstel wees?
- Wat is die voorwaardes van betaling en kan jy daarby hou?
- Moet dit ‘n een-, twee- of drieslaapkamer eenheid wees?
- Is daar ‘n versorgingseenheid en is hy al in werking?
- Is daar 24-uur sekuriteit en hoe goed is dit werklik?
- Watter ander ondersteuningsdienste is reeds in plek?
- Wie bestuur die oord en is daar finansiële state beskikbaar?
- Is daar enige verbande teen die plek geregistreer?
- In watter mate het die inwoners seggenskap oor beheer en bestuur?
- Wat behels die toekomstige uitbreidings en ontwikkelinge in en om die aftree-oord?
Tussen al die kostes om in ‘n aftree-oord te gaan woon, is heffings sekerlik die gevaarlikste faktor as dit kom by bekostigbaarheid. ‘n Heffing wat vandag R1,000 per maand beloop, kan jou oor ‘n tydperk van 20 jaar byna R500,000 uit die sak jaag. Maak verder seker dat jy waarde kry vir die heffing wat jy betaal.
Ter opsomming moet mens na die volgende kyk:
- Jy verwag ‘n goeie lewenstandaard binne ‘n ondersteunende gemeenskap.
- Daar moet goeie en deurlopende sekuriteit wees.
- Kwaliteit verswakte versorging moet in plek wees.
Skakel vir Willie Smith by 061 147 6495, Direkteur Bemarking by Nuvest (Eiendoms) Beperk, en gesels met hom oor ‘n aftreeoord wat sal inpas in jou aftree beplanning.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus