Advertorial Gallery Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO'S - Ford Mosselbaai spog sedert Mei vanjaar met 'n nuwe handelaarshoof vir wie kliëntediens die fokuspunt van hul besigheid is.
Pieter Ackerman, oorspronklik van Bloemfontein, vertel dat sy onderhoud met Gideon Knoetze, eienaar van Volkswagen/Ford amper vier uur geduur het, maar dat hy besef het dat Gideon 'n man is met 'n morele kompas met wie hy 'n pad kan stap.
FOTOGALERY: Ford Mosselbaai spog met 'n nuwe handelaarshoof
Toe Ackerman in Mei oorgeneem het, het hy eers net geluister en toe met elke personeellid gesit en die agtergrond en uitdagings bespreek.
"Vir my was dit belangrik om personeel te kry wat gekwalifiseerd is en ingestel is op kliëntediens."
Hy het 'n aksieplan met doelwitte uiteengesit waarvan die opknapping en verbetering van die werkswinkel en onderdele-afdeling 'n prioriteit was. "Ek het by Gideon geleer dat ons personeel my kliënte is. 'n Nuwe kultuur van om self verantwoordelikheid te neem en om doeltreffend met kliënte te kommunikeer, word suksesvol by die personeel gekweek."
Nuwe tegnici in werkswinkel
Gideon Knoetze, eienaar van die Ford agentskap in Mosselbaai verduidelik dat dit belangrik was om die kwaliteit van vakmanskap na die hoogste moontlik vlak in Suid-Afrika te neem met die aanstelling van drie nuwe tegnici in die werkswinkel. Sowat 'n maand gelede het Tanya van Antwerp wat voorheen by Volkswagen gewerk het, oorgeneem as werkswinkel-bestuurder. Tanya vertel: "Ek is reeds 21 jaar in die motorindustrie waarvan sewe by Volkswagen was. Ek vat nie nonsens nie, maar is regverdig en doen dinge reg."
Belangrike skuiwe is in die werkswinkel gemaak met 'n ommekeer waaroor die hoogs opgeleide tegnici baie opgewonde is. Wikkie Zwiegelaar tree vanjaar af na 50 jaar as motortegnikus. "Ek wou nie gaan voordat die werkswinkel nie optimaal funksioneer nie. Ons het nou ook 'n meester-tegnikus wat as vakleerling by my gewerk het. Dis 'n klomp jong manne wat voortgaan, wat hul produk baie goed ken en wat jy kan vertrou met jou motor. Ek kan nou gaan rus met die wete dat Ford Mosselbaai se werkswinkel in goeie hande is en net die beste diens lewer vir hul kliënte."
Positiewe resultaat
Op 'n vraag aan Tanya wat hulle grootste uitdaging was, antwoord sy: "Om ons kliënte terug te kry! Ons kan 'n positiewe resultaat sien as jy kyk na die reviews wat kliënte op ons sosiale media platforms gee. Alles begin weer stelselmatig klim, ons kry meer voete in wat 'n baie goeie teken is."
Nuwe Ford Everest
As 'n kersie op die Kersfeeskoek, is die nuwe Ford Everest so pas bekendgestel vir demonstrasie by die Mosselbaai-tak. Kontak Ford op 087 086 5150 vir navrae.
VIDEO - Gideon Knoetze, eienaar van Ford Mosselbaai verduidelik die ommekeer in hul besigheid.
VIDEO - Ford Mosselbaai se handelaarshoof, Pieter Ackerman, vertel wat hulle moes doen om sukses te behaal.
VIDEO - Wikkie Zwiegelaar, van Ford Mosselbaai, tree na 50 jaar as motortegnikus af.
Die werkswinkel-span van Ford Mosselbaai neem afskeid van Wikkie Zwiegelaar wat na 50 jaar in die motorindustrie as tegnikus aftree. Agter: Mariska Kapp, Wihein van Eden, Wikkie Zwiegelaar en Phillip Anderson. Voor: Hennie Stander, Cebo Gogodla, Tanya van Antwerp, Phumi Kwayiba, Michael Fielies en Jose Jacobs.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'